Meer oor Dr Ramon Aronius

ramon rondDr Ramon Aronius het sy mediese graad in 1988 voltooi aan die Universiteit van Amsterdam (Nederland). In 1989, het hy gewerk as Mediese Praktisyn in Indonisië. Hy het terug gekeer na Nederland waar hy in die departmente van Algemene Chirugie, Obstetrie en Ginekologie gewerk het vanaf 1989 tot 1991, om verder ondervinding op te doen.

Dr Aronius het sy spesialisasie in Obstetrie en Ginekologie in Duitsland voltooi, en in 1996 gewerk, as ginekoloog. In September 1997,het hy terug gekeer na Nederland om as spesialis en konsultant te werk in Rijnland Ziekenhuis en aan die Universiteit van Leiden. Die laaste twee en ‘n halwe jaar voor sy vertrek na Suid Afrika in 2011, was hy die departements hoof by Amstelland Ziekenhuis.

Na sy opleiding as spesialis, het Dr Aronius verskeie kursusse internationaal gedoen in beide obstetrie en ginekologie. Hy was ook verantwoordelik vir die implimentering en begin van endoskopiese chirurgie in Herdecke Hospital (Duitsland) asook in Rijnland Ziekenhuis (Netherlands) en in Worcester hospitaal (Suid Afrika).

Gedurende 1999 tot 2004, was Dr Aronius betrokke by die 2 jaarlikse kursus vir gevorderde endoskopiese prosedures wat vir ginekoloë regoor Nederland aangebied is, deur die Universiteit van Groningen.

Terwyl Dr Aronius in Nederland was, het hy deelgeneem aan ‘n gesamentlike Ginekologie-Urologie-Chirurgie projek in Niger om vesicovaginale en rectovaginale fistulas te behandel en chirurgies te herstel. Verder was hy ook gevra om kliniese opleiding te gee aan dokters in die platteland van Bangladesh. Hy het ginekoloë in Oostenryk, Engeland en Nederland opgelei in histeroskopies sterlisasies sonder algemene narkose.

Hy presenteer dikwels by internationale en nationale kongresse. Hy het verskeie artikels internationa al gepubliseer en is tans besig om die hoofstuk oor histeroskopie te hersien in: “Clinical Gynaecology (“Endoscopic Surgery part B: Hysteroscopic Procedures” in the 5th edition of Clinical Gynaecology – in review)”

Dr Aronius was genomineer as een van die top spesialiste in Nederland voor sy verhuising na Suid Afrika.

Dr Aronius is nog steeds betrokke by akademiese opleiding as ekterne dosent aan die Universiteit van Stellenbosch.

Dr Aronius praat vlot Afrikaans, Engels, Hollands, Duits en Frans.

Spesiale belangstellings:

Endoskopie (gevorderede laparoskopiese en histeroskopiese) chirurgie

Uro-ginecologie

Bloeding stoornisse

Menopausal en post-menopausal verwante probleme